Fondsinsameling

FONDSINSAMELING 2014

Baie dankie vir u belangstelling in ons fondsinsamelingsprojek. Graag gee ons vir u ‘n kort oorsig van ons produkte sowel as hoe die fondsinsameling werk:

1. Kidz Sticks: (Deel van fondsinsameling)

Kidz Sticks is goeie kwaliteit viniel plakkers met ‘n volkleur agtergrond prentjie waarop ‘n kind se naam gedruk word. Hierdie plakkers word gebruik om penne, potlode, kosblikke en selfs waterbottels mee te merk. Die ink sal nie afwas en die plakker nie los trek wanneer kosblikke en bottels gewas word nie . Ons sal ook van 1 Maart 2014 ’n stel van 8 skoen plakkers standaard by elke pakkie Kidz Sticks insluit vir die merk van skoene.

‘n Pakkie Kidz Sticks kos vanaf 1 Maart R65 vir 120 plakkers en die skool ontvang R20 per pakkie.

2. Naametikette vir klere (Deel van fondsinsameling)

Ons aanstryk etikette vir klere is gemaak van polysatin. Dit is baie duursaam en omdat die ink binne in die media ingebrand word, sal dit dus nie uit was nie. ‘n Pakkie van 25 aanstryk etikette kos R50 waarvan die skool R5 per pakkie ontvang!

3. Bag Tags (Deel van fondsinsameling)

Bag Tags is oulike naametikette gemaak van sterk, duursame plastiek. Hierdie kaartjies is so groot soos ’n bankkaart en word gebruik vir die merk van tasse en sport sakke. Die kaartjies het aan die voorkant ’n veelkleurige ontwerp met die kind se naam daarop gedruk en aan die agterkant is daar plek om al sy/haar persoonlike inligting in te vul, soos sy skool naam, nood telefoonnommers en allergie.

Ons verkoop Bag Tags teen R50 ’n stel (2) waarvan die skool R10 per pakkie ontvang.

4. Teach Sticks (Nie deel van fondsinsameling)

Teach Sticks is plakkers met opbouende kommentaar in Afrikaans en Engels wat in kinders se skoolboeke geplak word om positiewe aanmoediging te bevorder. Daar is ‘n verskeidenheid plakkers om van te kies. ‘n Pakkie Teach Sticks kos R18. Die Teach Sticks is ‘n diens aan onderwysers en is dus nie ingesluit by die fondsinsamelings projek nie. Die skool ontvang wel 10 velle Teach Sticks gratis met die verkoop van 100 stelle Kidz Sticks plakkers.

Hoe werk ‘n fondsinsamelings projek?

Kidz Sticks verskaf alle promosie materiaal gratis aan skole (pamflette, bestelvorms, voorbeelde van plakkers, faksvorms ens.) Die skool ontvang die bg. bedrae vir elke produk wat hul verkoop. M.a.w., die skool ontvang R20 per pakkie Kidz Sticks, R10 per stel Bag Tags en R5 per pakkie aanstryk etikette van elke kind se bestelling. Ons besef dat u nie ’n nuwe klaskamer of speelterrein daarmee kan bou nie, maar u kan dit gebruik vir die aankoop van spesifieke behoeftes vir ’n klaskamer bv. skryfbehoeftes vir die juniors, T-hemde vir ’n spesifieke geleentheid, of selfs vir ’n voedselprojek.

Die proses

Pamflette word vanaf Kidz Sticks ontvang en uitgedeel aan die leerders om huis toe te neem. Sodra bestelling begin inkom, word dit oorgeplaas na ‘n faksvorm of excel “spread sheet” en word gefaks of e-pos na Kidz Sticks.

‘n Fondsinsameling neem ongeveer 5-6 weke vanaf die dag wat ouers die pamflette van die skool ontvang, totdat die bestelling weer gelewer word aan die skool.

Voorwaardes vir ’n fondsinsameling:

a) Die skool moet ‘n minimum van 50 pakkies verkoop om dit as ‘n fondsinsameling te kan gebruik.

b) Persone wat die fondsinsameling by die skool wil behartig, moet toestemming by die hoof kry.

c) Kidz Sticks is al 6 jaar in die bedryf en het ongelukkig ook al ’n paar gevalle gehad waar individue Kidz Sticks vir eie gewin wou misbruik.

Indien Kidz Sticks dus nie toestemming vir ’n fondsinsameling gegee het nie, sal die fondsinsamelings bedrae nie uitbetaal word met die stuur van bestellings nie. Ons help baie graag waar ons kan om fondse in te samel vir skole of vir spesifieke projekte, maar kontak ons asseblief eers voordat u ’n fondsinsameling onder ons naam inisieer.

Het die skool enige uitgawes?

Indien ons u pakkie d.m.v. die poskantoor se “ordinary parcel” pakket stuur, is die aflewering van die pamflette sowel as bestelling gratis (aflewering neem gewoonlik 5-7 werksdae deur die poskantoor). Indien u egter haastig is vir u pakkies, kan ons dit per koerier stuur maar dan betaal die skool daarvoor. Kostes per koerierpakkie beloop gewoonlik tussen R150 en R200 per keer. Indien die skool meer as 100 plakkers verkoop, sal Kidz Sticks die helfte van die koerierkoste betaal.

Sou u belangstel om ‘n fondsinsamelingsprojek deur ons te loods, vul asb. die onderstaande vorm in en e-pos (contactus@kidzsticks.com) dit na ons toe terug.

Omdat ons heelwat skole help met fondsinsamelings is dit baie belangrik dat u ‘n datum vasstel wanneer u dit wil doen en daarby hou. Hou asb. ingedagte dat ons ’n minimum tydperk van 3 weke benodig vir die organisasie van u fondsinsameling sowel as die aflewering van die pamflette by die skool. Skryf dus asb. die datum baie duidelik neer sodat ons daardie datum vir u kan vasmaak.

Dankie vir u ondersteuning en die tyd wat u afgestaan het om die inligtingstuk deur te lees.

Vriendelike groete

Dirk en Linda

Aansoekvorm

Fundraising Signup

We would love to hear from you! Please fill out this form and we will get in touch with you shortly.